Tuesday, 07 June 2011
2011 Paasnaweek
Paasnaweek was ek vol en het weer hulp laat kom van Witbank af. My ma en my pa het kom kuier en so ook sommer handig geraak by die kennels. Hier was weer alle kleure en groottes om raak te sien. Dit was letterlik groot teen klein met 'n Great dane(Shakira) en 'n pinscher(Tinkie) in een geselskap. Hier was 'n paar nuwe gesigte en so ook van die ou bekendes wat al lekker weet hoe dit hier werk. Dit is net vir my ongelooflik dat die honde wat nou al 'n paar keer hier was, so mooi kan onthou hoe dit hier werk en waar alles is wat hulle benodig. Ek werk elke keer saam so 'n klomp vriendelike en oulike honde dat ek besef hoe bevoorreg ek is om na hulle te kyk. 'n Groot dankie gaan aan my ouers wat kom help het....
Subscribe to:
Posts (Atom)