Tuesday, 30 October 2012

Kennels verbeter

Daar is nog so baie wat ek wil doen om die kennels se standaard so hoog as moontlik te hou maar almal sê "Rome is nie in een dag gebou nie...." 

Die kennels se vloer is weer mooi oor gedoen!!!
                                                                        

Die draad wat die 5 speel kampe op deel is nou met stene onder grond en bo grond vas gebou wat keer dat die honde nie meer onder deur die draad kan grou nie. "The grass is NOT always greener on the other side"

 
 
As daar iets is wat julle voel ek kan op verbeter asseblief laat weet my!!!! house4vids@breede.co.za
 


Monday, 26 September 2011

Honde bly lank by House 4 VID's

Die afgelope twee maande was hier elke dag 3 honde om na te kyk.
Brodie, Sophy en Polo het vir my familie geraak... Hul mense het oorsee gaan kuier. Dit was vir my heerlik om permanent drie ekstra kinders te hè wat ek na moes omsien. Vir hulle het dit soos 'n tweede huis geword.
So ook kan ander honde vir 'n lang tydperk hier ingeboek word. Die tariewe vir die verblyf word op 'n glyskaal gesit om vir afslag te kwalifiseer.
Ek weet dat 'n mens met 'n glimlag in jou hart die wêreld wil gaan plat toer. So bring daai vierpoot kinders vir na House 4 VID's!!


                                                                  Brodie - Ierse Wolfhond


Sophy


                                     
                                                                               Polo

Monday, 04 July 2011

Junie - Julie gaste

Hier is net 'n paar fotos van my gaste... Almal wou nie mooi stil staan nie!

                                                                    Shumba - Staffi


Boerseun - St Bernard


                                                           Rogz - Wire Fox Terrier


                                                                  Nike - Worshond


                                                                   Lulu - Worshond


                                                                       Lily - Yorky

Tuesday, 07 June 2011

2011 Paasnaweek

Paasnaweek was ek vol en het weer hulp laat kom van Witbank af. My ma en my pa het kom kuier en so ook sommer handig geraak by die kennels. Hier was weer alle kleure en groottes om raak te sien. Dit was letterlik groot teen klein met 'n Great dane(Shakira) en 'n pinscher(Tinkie) in een geselskap. Hier was 'n paar nuwe gesigte en so ook van die ou bekendes wat al lekker weet hoe dit hier werk. Dit is net vir my ongelooflik dat die honde wat nou al 'n paar keer hier was, so mooi kan onthou hoe dit hier werk en waar alles is wat hulle benodig. Ek werk elke keer saam so 'n klomp vriendelike en oulike honde dat ek besef hoe bevoorreg ek is om na hulle te kyk. 'n Groot dankie gaan aan my ouers wat kom help het....








Sunday, 22 May 2011

Fotos van die kennels!!

Net so 'n paar fotos om vir julle wat nou nog nie hier was nie 'n idee te gee van hoe dit hier by House 4 VID's lyk....









Desember 2010 by House 4 VID's

Sjoe, die laaste keer wat ek so gevoel het, was die dag toe ek by my eerste werk ingestap het. Nie 'n idee wat op jou wag en of dit vir jou gaan werk nie....
Ek het met 'n knop on my keel elke dag gewag vir die honde om in te kom. Daar was so 'n groot verskeidenheid honde geboek, van 'n great dane(Storm) tot 'n worsie(Shiela) dat ek gewonder het of dit 'n goeie idee was.
Die kennels was van muur tot muur vol van die 24ste Desember af. Ek het tot twee golden retievers by my in die huis gehad, maar een baie goeie ding was die dat my ouers van die Transvaal af ook by ons kom kuier het. Ek het my liefde vir diere by my ma geleer en ek het geweet sy sal my mooi kan help.
Ek, my ma Marlene, huis bediende Denise en tuin vrou Moekie het die ding mooi laat werk. Ons het woep wap mekaar gevind en geweet wie moet wat doen om nie oor mekaar se voete te val nie. Van kos gee, waterbakke volmaak tot elke hok wat uitgewas moet word het dit als seep glad verloop.
Ons het die honde gavat om te gaan swem, stap en meer. Dis heerlik om met 'n klomp honde te werk wat 'n mens besef baie werd is vir hom/haar eienaar. Ek wonder of die honde weet dat hulle eintlik 'n ongelooflike lekker lewe het en dat daar honde is wat nie eers kos of water het nie?!
Desember tot Januarie het sonder enige probleme afgeloop. Drie kwart van die honde is Januarie vetter huis toe en seker daarvan dat hulle nie sal omgee om weer hier te kan bly nie.








Tuesday, 17 May 2011

Bella

Bella was die eerste hond wat hier by House 4 VID's kom kuier het. Sy is 'n bokser met 'n pragtige persoonlikheid. Sy het al twee keer weer hier kom bly. Ek en sy speel omtrent dat die spoeg en water spat!!