Sunday, 22 May 2011
Fotos van die kennels!!
Net so 'n paar fotos om vir julle wat nou nog nie hier was nie 'n idee te gee van hoe dit hier by House 4 VID's lyk....
Desember 2010 by House 4 VID's
Sjoe, die laaste keer wat ek so gevoel het, was die dag toe ek by my eerste werk ingestap het. Nie 'n idee wat op jou wag en of dit vir jou gaan werk nie....
Ek het met 'n knop on my keel elke dag gewag vir die honde om in te kom. Daar was so 'n groot verskeidenheid honde geboek, van 'n great dane(Storm) tot 'n worsie(Shiela) dat ek gewonder het of dit 'n goeie idee was.
Die kennels was van muur tot muur vol van die 24ste Desember af. Ek het tot twee golden retievers by my in die huis gehad, maar een baie goeie ding was die dat my ouers van die Transvaal af ook by ons kom kuier het. Ek het my liefde vir diere by my ma geleer en ek het geweet sy sal my mooi kan help.
Ek, my ma Marlene, huis bediende Denise en tuin vrou Moekie het die ding mooi laat werk. Ons het woep wap mekaar gevind en geweet wie moet wat doen om nie oor mekaar se voete te val nie. Van kos gee, waterbakke volmaak tot elke hok wat uitgewas moet word het dit als seep glad verloop.
Ons het die honde gavat om te gaan swem, stap en meer. Dis heerlik om met 'n klomp honde te werk wat 'n mens besef baie werd is vir hom/haar eienaar. Ek wonder of die honde weet dat hulle eintlik 'n ongelooflike lekker lewe het en dat daar honde is wat nie eers kos of water het nie?!
Desember tot Januarie het sonder enige probleme afgeloop. Drie kwart van die honde is Januarie vetter huis toe en seker daarvan dat hulle nie sal omgee om weer hier te kan bly nie.

Tuesday, 17 May 2011
Bella
Bella was die eerste hond wat hier by House 4 VID's kom kuier het. Sy is 'n bokser met 'n pragtige persoonlikheid. Sy het al twee keer weer hier kom bly. Ek en sy speel omtrent dat die spoeg en water spat!!
Die kennels...
15 Desember 2010 maak ek House 4 VID's oop sonder enige gedagte wat op my wag en hoe die hele ding gaan werk. Presies 3 maande nadat die eerste fondasie streep getrek is, boek ek my eerste hond in en van daai dag af het dit nog net beter en beter gegaan. Ek het rerig nie gedink dat dit so goed gaan doen nie? Ja ek het geweet dat daar 'n groot behoefte is aan 'n plek waarheen mense hul groot en klein huis honde kan stuur. Die kennels is 'n mengsel van my eie honde se behoeftes as ons weg gaan, praktiese elemente en dan ook die van my argitek. As ek oor die kennels praat dan is dit net trots en plesier wat saam dit gaan.
Baie dankie vir al die ondersteuning wat ek van my honde-ouers kry, daar is 'n paar van julle wat my vir 'n tweede, derde, vierde keer al vertrou het met jul vier poot kinders, en dan ook vir die van julle wat die res van die honde nasie vertel van House 4 VID's.
Chriselda Hugo
House 4 VID's
Met die ondersteuning van my man, Christie en my Kasselman-ouers het ek diè droom van my laat waar word en geniet dit elke dag. Elke hond wat nog hier was is baie spesiaal en los 'n plekkie in my hart. Ek is mal oor die verskillende persoonlikhede en wat hulle doen rondom ander van hul soort. Die ouers van die honde is ook ongelooflik, ek het al 'n paar vrouens ontmoet wat ook so erg oor hul diere is soos ek. (Ek is toe nie mal nie ☺)
Baie dankie vir al die ondersteuning wat ek van my honde-ouers kry, daar is 'n paar van julle wat my vir 'n tweede, derde, vierde keer al vertrou het met jul vier poot kinders, en dan ook vir die van julle wat die res van die honde nasie vertel van House 4 VID's.
Chriselda Hugo
House 4 VID's
Subscribe to:
Posts (Atom)