Tuesday, 17 May 2011

Die kennels...

15 Desember 2010 maak ek House 4 VID's oop sonder enige gedagte wat op my wag en hoe die hele ding gaan werk. Presies 3 maande nadat die eerste fondasie streep getrek is, boek ek my eerste hond in en van daai dag af het dit nog net beter en beter gegaan. Ek het rerig nie gedink dat dit so goed gaan doen nie? Ja ek het geweet dat daar 'n groot behoefte is aan 'n plek waarheen mense hul groot en klein huis honde kan stuur. Die kennels is 'n mengsel van my eie honde se behoeftes as ons weg gaan, praktiese elemente en dan ook die van my argitek. As ek oor die kennels praat dan is dit net trots en plesier wat saam dit gaan.

Met die ondersteuning van my man, Christie en my Kasselman-ouers het ek diè droom van my laat waar word en geniet dit elke dag. Elke hond wat nog hier was is baie spesiaal en los 'n plekkie in my hart. Ek is mal oor die verskillende persoonlikhede en wat hulle doen rondom ander van hul soort. Die ouers van die honde is ook ongelooflik, ek het al 'n paar vrouens ontmoet wat ook so erg oor hul diere is soos ek. (Ek is toe nie mal nie ☺)

Baie dankie vir al die ondersteuning wat ek van my honde-ouers kry, daar is 'n paar van julle wat my vir 'n tweede, derde, vierde keer al vertrou het met jul vier poot kinders, en dan ook vir die van julle wat die res van die honde nasie vertel van House 4 VID's.





















Chriselda Hugo
House 4 VID's

1 comment:

  1. Elke 4-been kind se ouers kan nou lekker gaan vakansie hou sonder om bekommerd te wees oor hul kinders. Jy is net die beste!!! Ek is seker daarvan dat elke hond wat al die afgelope 5 maande by jou kom kuier het, baie gelukkig huis toe is. Ons is trots op jou!

    ReplyDelete